Waks aan, Waks af

Post1

Waks aan, waks af, is dit regtig so eenvoudig soos die opskryf dit laat blyk? Sit die waks aan, haal die waks af?

Na 14 jaar as n Somotoloog kan ek jul verseker dit is nie so maklik nie. Wat die waks behandeling wel makliker maak is die produk waarmee jy as klient gewaks word en die produk waarmee die terapeut jou waks.

Wat bepaal of ons met n goeie waks werk?

  1. Die bestandele van die waks
  2. Die Konsekwentheid van die waks
  3. Die doeltreffendheid van die waks

Waarvoor vra ek as ek vir n waks wil boek?

  1. Watter waks gebruik die spa of salon op die bikini, gesig en onderarm area?

Antwoord: Warm Waks

  1. Watter waks gebruik die spa of salon op die bene, rug, bors en arm area?

Antwoord: Koue Waks

Hierdie is baie belangrike vrae, want sodra n terapeut n koue waks op jou gesig, bikini of onderarms gebruik kan dit meer vel verwyder as wat dit moet en in die toekoms kan dit vir jou pigmentasie probleme veroorsaak. Warm waks moet op hierdie sensitiewe areas ten alle tye gebruik word. Daar is wel salonne en spa’s wat die konsep van die olie onder die warm waks gebruik, wat uitstekend is, want dit beskerm jou vel. As terapeut kan jy nooit vel verwyder as jy die olie reg gebruik, wat dan ook voorkom dat jy pigmentasie op hierdie sensitiewe areas kan kry.

Die kwaliteit van n koue waks is van uiters belang, want as n salon of spa met n koue waks werk wat baie taai is, is die kanse dat jy; a) meer vel kan verwyder as normaal, b) dat jy die hare kan breek, wat die oorsaak van meer ingroei hare kan wees en c) dat jy natuurlik na die tyd aan jou klere gaan vas sit. Dit sal nie n goeie waks ondervinding wees nie.

Volgende kom ek by die verskillende bikini en been wakse wat ons dames en here vreeslik kan verwar. Aangesien nie net ons dames deesdae bikini en been wakse doen nie.

In baie lande word verskillende terminologie gebruik en dit kan die klient en ons terapeute redelik verwar. ONTHOU as hare eers verwyder is kan dit nie terug gesit word nie trust me I know, been there done that as n terapeut en dit is aaklig vir die terapeut en die klient as daar miskommunikasie is.

Die volgende diagram wys baie mooi waar op die verskillende areas gewaks word;

Bikini Diagram

Bikini Area:

  1. Basiese Bikini waks
  2. G-string Bikini waks
  3. Brazillian
  4. Hollywood

Been Area:

  1. Vol Been waks
  2. ¾ Been waks
  3. ½ Been waks

Luister asseblief baie mooi na die terapeut se raad voor jou waks en na jou waks; dit is net ten voordeel van jou as klient.

Voor die Waks behandeling;

  1. Moet asseblief nie room op jou lyf sit voor jou waks. Geen room vergemaklik net die waks prosedure.
  2. Moet asseblief nie in n sauna of stoomkamer sit voor jou waks behandeling nie.
  3. Moet asseblief nie enige plaaslike verdowing gebruik voor jou waks behandeling nie.
  4. Geen afskilfering behandelinge met Glycolic acid voor jy gaan vir n waks behandeling

Na die Waksbehandeling;

  1. Geen oefening, sauna of stoomkamers,
  2. Geen son,
  3. Geen Afskilfering behandelinge met Glycolic acid na jou waks behandeling nie

Kontra-Indikasies vir Waks behandelinge;

  1. Oop wonde en bloukolle
  2. Reaccutane
  3. Sonbrand
  4. Moesies
  5. Spatare

 

Ek hoop met die informasie verskaf dat dit jou waks behandeling in die toekoms baie aangenaam sal maak. Informasie is die sleutel na jou wonderlike waks aan, waks af ervaring .

 

 

Geskryf deur Karien Harmse

by Admin

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *